Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 04 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-05-2026 só ingevul:



Die televisiereeks sal môreaand ........ .

2 % (afgerond)verfolg
1 % (afgerond)fervolg
96 % (afgerond)vervolg 
1 % (afgerond)ferfolg

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



In die Laeveld sien ’n mens indrukwekkende ........ .
92 % (afgerond)sonsondergange 
1 % (afgerond)sononders
4 % (afgerond)sonondergange
3 % (afgerond)sonsondergangens

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2). Hoewel die klem van die woord "sonsondergang" op die eerste lettergreep val, is die woord in sy oorspronklike stam "gang" beklemtoon en geld dieselfde reël ter wille van gelykvormigheid.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ........ gaan nie by die saak inmeng nie.
3 % (afgerond)Departement van justisie
90 % (afgerond)Departement van Justisie 
2 % (afgerond)departement van justisie
5 % (afgerond)departement van Justisie

Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van staatsdepartemente, word met hoofletters geskryf (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



As jy aarsel, sal jy dalk die spertyd misloop.
'n Sinoniem vir "aarsel" in bostaande sin, is ........ .
33 % (afgerond)twyfel
2 % (afgerond)kla
65 % (afgerond)weifel 
konsentreer

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "aarsel - weifel", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties