Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 08 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-05-2026 só ingevul:



Die vliegtuig het in die moeilikheid beland toe 'n ........ ontplof het.
70 % (afgerond)litiumbattery 
26 % (afgerond)lithiumbattery
1 % (afgerond)litiumbatery
3 % (afgerond)lithium battery

ʼn Samestelling (“litiumbattery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“litium” en “battery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die faksies stry onder die vaandel van demokrasie.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val die woord "vaandel" in bostaande sin?
2 % (afgerond)strydname
3 % (afgerond)eiename
56 % (afgerond)abstrakte naamwoorde 
39 % (afgerond)soortname

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "liefde", "godsdiens", "woede" ens. Hoewel die woord "vaandel" in 'n ander konteks as 'n soortnaam sou funksioneer, is dit in hierdie geval 'n abstrakte naamwoord, aangesien dit figuurlik bedoel word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Idioom: Rus ........ .
90 % (afgerond)roes 
2 % (afgerond)rumoerig
1 % (afgerond)rooi
8 % (afgerond)rustig

Die idioom "rus roes" beteken 'van te veel rus versleg 'n mens'.

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ se sang het almal tot trane beweeg.
43 % (afgerond)maleierkoor of Maleierkoor
1 % (afgerond)maleierkoor of maleier-koor
8 % (afgerond)maleierkoor
48 % (afgerond)Maleierkoor 

Die benaming van bevolkingsgroepe en die lede van sulke groepe begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties