12 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-05-2026 só ingevul:
Die ........ vent het my byna onderstebo geloop!
ongepoetsde ongepoetst ongepoets ongepoetste
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die "t" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die familie het ........ om alles betyds vir die troue klaar te kry.
bondgespring bont gespring bond gespring bontgespring
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die brief is aan Marie ........ gerig.
van Vuuren Van vuuren Van Vuuren van vuuren
Afrikaanse vanne wat uit meer as een los geskrewe deel bestaan, begin met 'n kleinletter indien dit op 'n voornaam of voorletter volg, byvoorbeeld Philip de Villiers, Mariet van der Merwe en Johann du Preez. (AWS 9.3b)
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die nuwe "Amerikaanse" student kom toe al die tyd uit ........ .
Sjina China China of Sjina Chjina
Die jongste AWS van 2017 erken slegs die spelling "China" en nie meer die spelling "Sjina" nie.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)