Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 14 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-05-2026 só ingevul:



Die gaste het eers teen elfuur vertrek.
Gee 'n sinoniem vir die woord "vertrek" in bostaande sin.

8 % (afgerond)heengaan
opdaag
91 % (afgerond)verkas 
kuier

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "vertrek - verkas".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Sue en Sandra is regte ........ ; hulle vang alewig onverskillige dinge aan.
74 %rabbedoes 
6 % (afgerond)rabbedoeë
6 % (afgerond)rabbedoë
13 % (afgerond)rabbedo's

Naamwoorde wat op “-e” eindig, kry ʼn “-s” in die meervoudsvorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die matroos sê hy't 'n ........ gesien wat veel kleiner as die ander is.
2 % (afgerond)meerminkie
8 % (afgerond)meermintjie
6 % (afgerond)meerminnetje
84 % (afgerond)meerminnetjie 

Woorde wat op “l”, “m”, “n”, of “r” eindig, voorafgegaan deur ‘n kort beklemtoonde vokaal [a, ε, ɔ, ә,] vorm die verkleiningsvorm met “-etjie”. Die slotkonsonant van die stam word verdubbel om die voorafgaande vokaal kort te hou. (AWS 17.7)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Ek laai my dogter elke middag om ........ by die skool op.
4 %2:15
2 % (afgerond)2h15m
4 % (afgerond)2:15pm
90 %14:15 

Die tyd van die dag word altyd met minstens vier syfers aangedui in die volgorde uur (twee syfers) en minuut (twee syfers). 'n Dubbelpunt skei die pare syfers.
Sien ook die bladsy Syfers.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties