27 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-05-2026 só ingevul:
Die ........ kanovaart was ’n uitmergelende tog vir die deelnemers.
tien-dae lange tien dae lange tiendae lange tien daelange
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("dae") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Smouse word nie op die ........ toegelaat nie.
perseel perseul perseël
Die twee e's langs mekaar in die woord "perseel" behoort tot dieselfde lettergreep en kry dus nie 'n deelteken nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Daar was nie genoeg geld om die leerders ........ busvervoer te voorsien nie.
vir in van met
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Iemand of iets word "van" iets voorsien.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Nomsa is vreeslik ........ as dit kom by die bevordering van taalregte.
Prozoeloe pro-Zoeloe prozoeloe Pro-Zoeloe
By byvoeglike naamwoorde wat met die voorvoegsel "pro-" van taalbenamings afgelei is, begin die taalbenaming met 'n hoofletter na die koppelteken wat die voorvoegsel aan die taalbenaming verbind.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)