26 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-08-2026 só ingevul:
Daar speel 'n baie vrolike ........ oor die radio.
lietjie liedkie liedjie liekie
Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 15.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die ........ herinner my aan my kinderdae.
kenweisie kenweisi kensysi kenwysie
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die ........ in die buurt is 'n groot kopseer vir inwoners van die dorp.
rondloperkatte rondloper katte rondloper-katte
ʼn Samestelling (“rondloperkatte”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“rondloper” en “katte”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Nelson Mandela het ook in ........ geglo.
ubuntu uboentoe uboentu oeboentoe
Sommige gewone woorde wat Afrikaans aan Afrikatale ontleen het, behou hulle oorspronklike vorm.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)