26 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-08-2026 só ingevul:
Ons het altyd 'n ........ vol petrol in die kar vir noodgevalle.
twintig liter houer twintig liter-houer twintigliter-houer twintigliterhouer
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (telwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die tuinier was olik ........ gevolglik het die groente verdroog.
geen leesteken , : ;
Die kommapunt word onder meer gebruik voor die woorde "dus", "derhalwe", "daarom", "gevolglik", "nogtans", "tog", "nietemin" en "inteendeel".
Sien ook die bladsy Kommapunt.
Chantelle het darem met haar ........ in die botter geval - kyk net die goeie werk wat sy losgeslaan het!
vinger arm neus kop
Die idioom "met die neus in die botter val", beteken 'groot geluk kry'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die plaas ........ naby Durbanville is bekend vir sy wyn en kos.
bloemendal Blom en dal blom-en-dal Bloemendal
Geografiese name, byvoorbeeld plaas- en plekname, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)