14 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-09-2026 só ingevul:
Hy is 'n geslepe (oftewel ........ ) persoon. 'n Sinoniem vir "geslepe" is:
rustige opgetooide sluwe afgeronde
Die deelwoord "geslepe" kom van die werkwoord "slyp". Iemand wat geslepe is, doen dinge dus met vlymskerp vernuf (meestal skelm).
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Idioom: Op die ........ blaas.
tou kers vlam koek
Die idioom "op die tou blaas", beteken 'die osse aanmoedig'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Voordat ek formeel kon begin werk, moes ek ........ ondergaan.
driemaandebasiese opleiding driemaande- basiese opleiding drie maande basiese opleiding driemaandebasiese-opleiding
Wanneer maatbepalings gevolg word deur 'n byvoeglike naamwoord word dit los geskryf, byvoorbeeld "drie maande basiese opleiding", "baie eeue lank", "'n kilometer diep myn". AWS2017 15.42.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Gustav wil John se onderneming uitkoop. Wat is die woordsoort van "wil" in bostaande sin?
hulpwerkwoord van tyd koppelwerkwoord van beplanning skakelwerkwoord van skakeling hulpwerkwoord van modaliteit
'n Hulpwerkwoord is 'n werkwoord wat 'n betekenis toevoeg aan een ander werkwoord en daardeur in beginsel nie selfstandig voorkom nie. In Afrikaans onderskei ons tussen hulpwerkwoorde van tyd, byvoorbeeld "het" en hulpwerkwoorde van modaliteit, byvoorbeeld "sal" en "wil".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)