15 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-09-2026 só ingevul:
Die studente se ongelukkigheid oor klasgelde het die verrigtinge ........ .
geöorheers oorgeheers oorheers geoorheers
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Napoleon was bekend as 'n uitstekende ........ .
straateug straateeg strateeg strateug
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “strateug” in plaas van die korrekte “strateeg”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die hoofstad van Gauteng is ........ .
Vereeniging Johannesburg Pretoria Egoli
Johannesburg is die hoofstad van Gauteng, terwyl Pretoria een van Suid-Afrika se hoofstede is. In die volksmond word Johannesburg dikwels eGoli genoem. Pretoria is deel van die distriksmunisipaliteit van Tshwane.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die plek waarin kinders, tussen die ouderdomme van een maand en sewe jaar, gedurende die dag ontvang word vir versorging, staan bekend as 'n ........ .
crèche bewaarskool kinderskool kinderopvang
Die woord "crèche" is 'n sinoniem vir "kleuterskool". Die woord "bewaarskool" is nie korrek nie. (Bron: WAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)