18 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-09-2026 só ingevul:
As kind het ek my ........ aan die veelkleurige tropiese visse in ons buurman se vistenk.
ferwonder verwonder geverwonder geferwonder
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ná gerugte dat die fietsryer opkikkers gebruik het, het hy hom ........ die toernooi onttrek.
van aan by uit
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens onttrek jou "aan" 'n byeenkoms, maar onttrek geld "uit" 'n rekening.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Dit is nie so moeilik om " ........ " reg te spel nie.
epos boodskap e-pos boodskap e-posboodskap eposboodskap
Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Hierdie soort woorde moet vas geskryf word. Byvoorbeeld: "e-pos" + "boodskap"
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ma kom saans doodmoeg by die huis. 'n Sinoniem vir "doodmoeg" is ........ .
verdrietig springlewendig gedaan apaties
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "doodmoeg - gedaan".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)