Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 21 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-09-2026 só ingevul:



Erik is fanaties oor sy musiek.
Wat is die woordsoort van "fanaties" in bostaande sin?
8 % (afgerond)interaktiewe byvoeglike naamwoord
41 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord
37 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord 
14 % (afgerond)bywoordelike byvoeglike naamwoord

'n Attributiewe adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n fanatiese ondersteuner”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "Erik is fanaties oor sy musiek".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Dit is tyd dat die ........ rusie in die familie nou tot 'n einde kom.
3 % (afgerond)jaarlange
85 % (afgerond)jarelange
11 % (afgerond)jare lange 
1 % (afgerond)jaar lange

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("jare") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die tweedehandse motor by die ander handelaar is ........ as hierdie een.
90 % (afgerond)billiker 
die billiker
8 % (afgerond)meer billik
1 % (afgerond)meer billiker

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “billik”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “billiker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die billikste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Ná 'n jaar in die buiteland het Kaat 'n ........ verlange om haar man weer te sien.
51 % (afgerond)brandende
vreemde
droefgeestige
48 % (afgerond)hartstogtelike 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “hartstogtelike verlange”; “met hart en siel”; “oorstelp van vreugde” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
47% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties