29 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-09-2026 só ingevul:
Die vleis het verrot omdat dit nie in die yskas gebêre is nie. Wat is die woordsoort van "verrot" in bostaande sin?
bywoord adjektief voegwoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verrot" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die ma het haar astrante seun ʼn ........ gegee.
oor veug oorfeug oorveeg oorfeeg
ʼn Samestelling ("oorveeg") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oor" en "veeg") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Verskeie ........ het gelei tot die stigting van nuwe kerkgenootskappe.
Godsdienstwiste Godsdienstwiste of godsdienstwiste godsdienstwiste
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Idioom: Oor die ........ se stert wees.
akkedis perd kat hond
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)