29 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-09-2026 só ingevul:
Die raad het die saak goed ........ voordat hulle 'n besluit geneem het.
gedeurtrap deur getrap deurtrap deurgetrap
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die ........ glo sy kan enigiets doen wat ’n man kan doen, net beter!
feminnis feminis feminus femminnus
Omdat die klem van die woord "feminis" op die laaste lettergreep val, word geen van die konsonante verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Madiba was 'n politieke gevangene op ........ .
robeiland Robbeneiland Robbe-eiland robbeneiland
Geografiese name, byvoorbeeld van eilande, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Sal jy asseblief vir my hierdie dokumente in die lêer ........ ?
leaseer liaseer leasseer liasseer
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "liasseer", “kibboets”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "liasseer" kom van die Latyn "ligare" wat 'bind' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)