Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 02 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-10-2026 só ingevul:



Die doelwit van die polisie-operasie is om misdaad uit te roei.
'n Sinoniem vir die woord "doelwit" is ........ .
87 % (afgerond)oogmerk 
gevolg
1 % (afgerond)oorsaak
12 % (afgerond)rede

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Maandag is altyd ʼn ........ dag.
1 % (afgerond)beusig
98 % (afgerond)besige 
beusige
1 % (afgerond)besig

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("besig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Idioom: Iets op die ........ bring.
84 % (afgerond)lappe 
7 % (afgerond)boeke
klere
9 % (afgerond)skinkbord

Die idioom "iets op die lappe bring", beteken 'iets openbaar of ter sprake bring'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die dokter behandel haar pasiënte met sorg.
Wat is die woordsoort van "behandel" in bostaande sin?
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
96 % (afgerond)werkwoord 
voegwoord
1 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "behandel", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties