02 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-10-2026 só ingevul:
Hy sit ........ die wa.
bo op bo-op boop boöp
As 'n opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Idioom: 'n Boom aan sy ........ ken.
wortels takke blare vrugte
Die idioom "'n boom aan sy vrugte ken", beteken 'iemand volgens sy/haar dade beoordeel'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
........ is ’n gewilde naweekbestemming.
Hartbeespoortdam Hartbeespoort Dam hartbeespoortdam Hartebeespoortdam
ʼn Samestelling ("Hartbeespoortdam") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("hart", "bees", "poort" en "dam") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ van die plaaslike sinagoge dra altyd swart.
rabie rabi rabbie rabbi
Vreemde woorde ("rabbi") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)