06 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-10-2026 só ingevul:
'n Betaling van R1500,00 is van die huurder ontvang, ........ 'n eerste terugbetaling op die skade wat in die badkamer aangerig is.
siende seinde suinde synde
Die woord "synde" is die ietwat argaïese teenwoordige deelwoord van die Afrikaanse infinitief, "wees", en die Afrikaanse ekwivalent van die Engelse "being". Gebruikers verwar "synde" dikwels met "siende".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Marion vertel graag oor die tyd toe sy saam met haar broer ........ in Bolivië gaan soek het.
pekaries pekaris pekarisse pekari's
Woorde wat op "i", "o", "u" of 'n beklemtoonde "a" eindig kry 'n afkappingsteken wanneer hy as 'n meervoud gebruik word. Die pekari is 'n soort wildevark wat tussen Texas en Paraguay voorkom.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Kyk hoe huil ........ oor sy stukkende stoeltjie!
baba Beer Baba Beer Baba beer baba beer
Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Dit klink my julle lê ........ se arms!
immekaar inmekaar in mekaar
Die woorde "in mekaar" beteken 'die een in die ander', byvoorbeeld "in mekaar glo". Die woord "inmekaar" beteken 'met dele onnatuurlik na mekaar getrek', byvoorbeeld: Die man sak van uitputting "inmekaar".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)