08 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-10-2026 só ingevul:
Sy het haar ouma ʼn ........ gegee om dankie te sê vir die mooi present.
klap-soen klapsoen klap soen
ʼn Samestelling ("klapsoen") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("klap" en "soen") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die aarde word ........ deur die planeet Jupiter in ons sonnestelsel.
verdwêrg verdwerg ontdwêrg bedwerg
Wanneer ʼn geslote lettergreep deur meer as een medeklinker afgesluit word (soos die "rg" in "verdwerg"), kry die "e" nie ʼn kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.
Die medisyne is so bitter soos ........ .
asyn gal suurlemoen aalwyn
Vergelykings is stylfigure wat gebruik word om dinge met mekaar te vergelyk en kan uitgeken word aan die woord “soos”. Byvoorbeeld, “so bitter soos gal”.
Sien ook die bladsy Vergelykings.
Die ........ het die diens gelei.
Rabie Rabbi rabbie rabbi
ʼn Persoonsnaam is ʼn selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "rabbi", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)