Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 09 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-10-2026 só ingevul:



’n Sinoniem vir die woord "hanswors" in die volgende sin is ........ .
Die kinders het die hanswors in die sirkus baie geniet.
1 % (afgerond)sirkusbaas
1 % (afgerond)sweefstokarties
96 % (afgerond)harlekyn 
1 % (afgerond)seremoniemeester

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "harlekyn - hanswors".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Die meeste voëls bou hulle ........ in bome.
9 % (afgerond)nesse
nestens
91 % (afgerond)neste 
nessens

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die "t" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Voltooi die idioom: Kaarte en kanne maak arm ........ .
8 % (afgerond)panne
2 % (afgerond)vanne
90 % (afgerond)manne 

Die idioom beteken 'dobbelary en sterk drank veroorsaak armoede'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die krieketspeler is vir net ........ lopies uitgehaal.
57 % (afgerond)tien 
43 % (afgerond)10

Getalle onder twintig word gewoonlik uitgeskryf, byvoorbeeld "elf" of "dertien", maar "21" of "365".
Sien ook die bladsy Getalle.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties