Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 09 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-10-2026 só ingevul:



Oom Jasper het 'n ........ van 'n aartappel uit sy land getrek. Die knewel het 260 g geweeg!
3 % (afgerond)bilie
1 % (afgerond)bieli
1 % (afgerond)bili
95 % (afgerond)bielie 

In woorde van eg Afrikaanse herkoms skryf ons die [i]-klank met “ie” (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die oorlewende het ........ die venster ontsnap en haar na veiligheid gehaas.
6 % (afgerond)uit
in
94 % (afgerond)deur 
op

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens ontsnap "aan" iets; lug ontsnap "uit" 'n houer maar iemand ontsnap "deur" 'n venster.

Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die panda sukkel om ........ .

17 % (afgerond)voortbestaan
3 % (afgerond)voorttebestaan
77 % (afgerond)voort te bestaan 
2 % (afgerond)te voortbestaan

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die panda sal nog lank voortbestaan.” en “Die panda sukkel om voort te bestaan.”
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hierdie opdrag sal al jou aandag verg.
'n Sinoniem vir "verg" in bostaande sin is ........ .
1 % (afgerond)soek
aflei
99 % (afgerond)vereis 
verbeur

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "verg - vereis", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties