12 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-10-2026 só ingevul:
Die afrigter het ons heelweek ........ .
opgekuil opgekyl opgekeil
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee klanke wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die perd het skielik ........ en hom afgegooi.
gevassteek vasgesteek vas gesteek
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Hy is 'n ........ wat in Amerika bly.
Suid-Afrikaner Suid-afrikaner suid-afrikaner
Afgeleide persoonsname wat na inwoners van lande verwys, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die toestand in die plakkerskamp is eenvoudig haglik. 'n Sinoniem vir "haglik" in bostaande sin is ........ .
beter hoopvol behaaglik ellendig
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "haglik - ellendig".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)