Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 12 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-10-2026 só ingevul:



Sy ........ optrede het gemaak dat baie mense hul geld verloor het.
1 % (afgerond)bedroë
94 % (afgerond)bedrieglike 
5 % (afgerond)bedroglike

'n Persoon wat ander mense "bedrieg" word 'n "bedrieër" genoem en sy/haar optrede is "bedrieglik". So 'n persoon pleeg gewoonlik "bedrog" en die slagoffers kom "bedroë" daarvan af.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die idioom "aan die krip staan", beteken ........ .
30 % (afgerond)karige kos hê om te eet
58 % (afgerond)'n goeie pos hê 
3 % (afgerond)in kraam wees
10 % (afgerond)water afslaan

Die idioom "aan die krip staan", beteken 'goed versorg wees' of ''n goeie pos hê'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Dit was die bekende Fuga in ........ van JS Bach.
10 % (afgerond)g-mineur
7 % (afgerond)G mineur
83 % (afgerond)G-mineur 
1 % (afgerond)g mineur

Samestellings met ’n syfer of simbool ("G-mineur") word met ’n koppelteken geskryf. Die naam van die toonsoort word volgens die AWS altyd met 'n hoofletter geskryf, hoewel in sommige musiekkringe mineurtoonsoorte met kleinletters geskryf word om dit van majeurtoonsoorte te onderskei.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Waarvoor staan die akroniem "VVV"?
3 % (afgerond)verworwe vigsvirus
8 % (afgerond)Verenigde Volkeverband
71 % (afgerond)vreemde vlieënde voorwerp 
19 % (afgerond)Verenigde Volkevergadering

'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord (letterklankwoord) of as letters (letternaamwoord) uitgespreek word. "VVV" is 'n letternaamwoord, d.w.s. die name van die letters word gebruik om die woord ("vee-vee-vee") uit te spreek. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties