Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 13 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-10-2026 só ingevul:



As jy binne jou begroting wil bly, moet jy jou uitgawes beperk.
Die woordsoort van die woord "beperk" is 'n ........ .
3 % (afgerond)bywoord
94 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)voegwoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "beperk" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ek wil bietjie biltong by die ........ gaan koop.
slag huis
slag-huis
1 % (afgerond)slaaghuis
99 % (afgerond)slaghuis 

ʼn Samestelling ("slaghuis") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("slag" en "huis") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



’n Ander naam vir ’n swaardlelie is ’n ........ .
12 % (afgerond)gladioles
5 %Gladioles
8 % (afgerond)Gladiolus
75 % (afgerond)gladiolus 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Uitdrukking: ........ wat stom is, maak reg wat krom is.
6 % (afgerond)Dade
2 % (afgerond)Goud
1 % (afgerond)Diamante
91 % (afgerond)Geld 

Vaste uitdrukkings is eie aan ʼn bepaalde taal. Die uitdrukking "geld wat stom is, maak reg wat krom is", beteken met geld kan 'n mens baie uitrig.


Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties