14 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-10-2026 só ingevul:
Die digter het die skoonheid van ons land ........ .
gesing besing laat sing gebesing
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin, soos "besing", kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Mag God jou ........ .
behoed behoet beöed
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
As ek ........ moet drink, drink ek graag chardonnay.
slegs witwyn witwyn of wit wyn slegs wit wyn witte wyn
Die frase "wit wyn" beskryf die kleur van wyn (teenoor "gelerige wyn"), terwyl witwyn na 'n kategorie wyn verwys (teenoor rooiwyn en rosé).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ons eet vanaand ........ vir aandete.
spaghetti spaghettie spagetti spagheti
Vreemde woorde ("spaghetti") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)