Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 15-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 15 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-10-2026 só ingevul:



Al die deure is toe, maar hierdie een is ........ ; dit is gesluit.
57 % (afgerond)toeër 
1 % (afgerond)meer toeër
3 % (afgerond)toër
39 % (afgerond)meer toe

Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Jy moet elke dag probeer om 'n verskeidenheid ........ in te kry.
16 % (afgerond)vitamienes
20 % (afgerond)vitamine
63 % (afgerond)vitamines 
1 % (afgerond)vietamine

Die meervoud van "vitamine" is "vitamines". Die wisselvorm "vitamien" met meervoud "vitamiene" word ook erken.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Dawid, gee asseblief vir my die ........ aan!
5 % (afgerond)nommer 19 moersleutel
26 % (afgerond)nommer-19-moersleutel
69 % (afgerond)nommer 19-moersleutel  

Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf.
Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort".
(Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die dorp was ........ aansienlik kleiner as wat dit vandag is.
100 % (afgerond)destyds 
des tyds
desteids
des teids

Die woord "destyds" is 'n samestelling van die genitief (van die) "des" en "tyd" en word vas geskryf. Hoewel ons nie meer naamvalle in Afrikaans kry nie, kom dit nog in enkele vaste uitdrukkings voor, byvoorbeeld "destyds", "kind des doods" en "te gelegener tyd". Hierdie uitdrukkings moet gewoon geleer word.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties