Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 19 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-10-2026 só ingevul:



Voordat jy die programmatuur aflaai en gebruik, moet jy eers die ........ aanvaar.

1 % (afgerond)bepalings en kondisies
81 % (afgerond)bepalings en voorwaardes 
2 % (afgerond)terme en kondisies
15 % (afgerond)terme en voorwaardes

Die korrekte Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "terms and conditions" is "bepalings en voorwaardes".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Ek is ........ ; wag vir my!
71 % (afgerond)op pad 
29 % (afgerond)oppad
1 % (afgerond)op-pad
opad

Kombinasies bestaande uit 'n voorsetsel "op" en naamwoord "pad", word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "op soek", "by uitstek", "aan huis".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die museum is ’n moderne, ........ gebou.
1 % (afgerond)hoekig
hoeksig
hoeksige
98 % (afgerond)hoekige 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("hoekig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die hof moet beslis of die wet op die betrokke saak van toepassing is ........ .
16 % (afgerond)aldan nie
81 % (afgerond)al dan nie 
1 % (afgerond)al-dan nie
2 % (afgerond)aldannie

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “al dan nie”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties