21 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-10-2026 só ingevul:
Chris het darem vir jou die storie ........ , hoor!
geaandik ge-aandik geäandik aangedik
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het ("aandik"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die ........ waar ek werk het vanjaar ’n uitstekende omset gehad.
ferma firma virma verma
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Hy dra 'n bril omdat hy ........ is.
swaksiende swak-siende swak siende
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-de") wat 'n woordgroep ("swak sien") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Dis darem lekker om teen sonsondergang skemerkelkies op die ........ te drink.
patio patiou patioe pêtiou
Vreemde woorde ("patio") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)