Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-10-2026 só ingevul:



Suurstofryke bloed vloei in ........ weg van die hart.
96 % (afgerond)slagare 
3 % (afgerond)slagaars
1 % (afgerond)slag are
1 % (afgerond)slag-are

ʼn Samestelling ("slagaar") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("slag" en "aar") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Katrien en Carien gaan nou vir ons hulle ........ sing.
1 % (afgerond)duö
1 % (afgerond)deeu
98 % (afgerond)duo 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "duo", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Mamma lyk alte spoggerig met die ........ pêrels wat Pappa vir haar gekoop het.
3 % (afgerond)tros
1 % (afgerond)span
96 % (afgerond)string 

Ons verwys na pêrels wat in 'n lyn ingeryg is, as 'n string pêrels; druiwe of piesangs kom aan 'n tros; 'n span is osse of spelers.
Sien ook die bladsy Versamelname.



Die restaurant in ........ is bekend vir sy hoenderpastei.
4 % (afgerond)Hartbeespoort Dam
95 % (afgerond)Hartbeespoortdam 
hartbeespoortdam
1 % (afgerond)hartebeespoortdam

Eiename en plekname ("Hartbeespoortdam") word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties