Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 30 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-10-2026 só ingevul:



Die blompot se ........ het gebreek, nou moet die blompot maar op die tafel staan.
7 % (afgerond)stander
1 % (afgerond)staner
91 % (afgerond)staander 
1 % (afgerond)staaner

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “staander”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



........ , hierdie koffie smaak nes skottelgoedwater!
Watter tussenwerpsel sal 'walging' uitdruk in bostaande sin?
82 % (afgerond)Sies 
1 % (afgerond)Eina!
11 % (afgerond)Ag nee!
6 % (afgerond)Gmf!

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Ag nee!" druk ontevredenheid uit; "Gmf!" druk minagting of verontwaardiging uit en "Eina!" druk 'n uitroep van pyn uit.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



........ moet gereeld byvoeding kry.
14 % (afgerond)Hoë produksie­kuddes
3 % (afgerond)Hoë-produksie kuddes
81 % (afgerond)Hoëproduksiekuddes 
2 % (afgerond)Hoë produksie kuddes

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ’n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord soos "hoë + produksie") en ’n selfstandige naamwoord ("kuddes").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die verdagtes sal ........ op vier aanklagte van diefstal.
9 % (afgerond)terregstaan
81 % (afgerond)teregstaan 
9 % (afgerond)te reg staan
1 % (afgerond)ter reg staan

Die werkwoord "teregstaan" is 'n samestelling bestaande uit die setsel "te" die naamwoord "reg" en die werkwoord "staan". Samestellings word vas geskryf. Dit is nie altyd duidelik wanneer om die setsels "te", "ter", of "ten" in Afrikaans te gebruik nie, omdat ons nie meer geslagte en naamvalle in Afrikaans het nie. Hierdie setsels moet gewoon geleer word.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties