Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-11-2026 (vlak 1)



vorige toets 03 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-11-2026 só ingevul:



Die korrekte plekke om die woord "derduisende" af te breek is ........ .
90 % (afgerond)der-dui-sen-de 
2 % (afgerond)derduis-ende
8 % (afgerond)der-duis-ende

Woorde word volgens lettergreepverdeling afgebreek, byvoorbeeld “der-dui-sen-de", "be-sproei-ing”; “kroeg-toon-bank”; “sit-ka-mer-stel”.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



Sodra ons by die huis kom, trek ons ons ........ uit.
4 % (afgerond)kerk klere
2 % (afgerond)kerkkleure
93 % (afgerond)kerkklere 
kerk kleure

ʼn Samestelling (“kerkklere”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kerk” en “klere”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Markus en sy Mexikaanse niggie praat altyd ........ met mekaar.
13 % (afgerond)spaans
87 % (afgerond)Spaans 

Taalbenaminge begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: Dit is ........ op my wonde.
2 % (afgerond)gal
75 % (afgerond)salf 
8 % (afgerond)asyn
15 % (afgerond)pleisters

Hierdie idioom beteken 'iets wat troos'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties