05 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-11-2026 só ingevul:
Kinders van albei geslagte kan boelies wees, maar die ........ is hoër by seuns as meisies.
frekwensie frequensi frequensie frekwensi
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "frekwensie" kom van die Latyn "frequentia" wat 'samedromming' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Vind asseblief die ........ tjek as blyke van dankbaarheid vir u diens.
ingeslode ingeslood ingesloot ingeslote
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Daar was net 'n klein ........ waardeur die inbrekers die huis binnegekom het.
openingtjie openingkie openinkie openintjie
Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “g” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “opening” word “openinkie”.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Wat is die Engelse woord "vegan" (s.nw.) in Afrikaans?
veganis vegan vegatariër vegetariër
Die Engelse "vegan" word in Afrikaans vertaal met "veganis" of "streng vegetariër". (Bron: Pharos se Nuwe Woorde)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)