10 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-11-2026 só ingevul:
Die ........ van kleur in die skildery is mooi.
afwisseling awisseling afwisselling afwiseling
Aangesien die "i" in "wissel" kort en beklemtoon is, word dit gevolg deur 'n dubbel-"s".
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Jan en Marike het albei droombeelde van 'n toekoms saam, maar hulle onderskeie ........ verskil hemelsbreed van mekaar.
utopies utopieë utopiëe utopië
Wanneer 'n woord reeds op 'n "e" eindig (soos "utopie") en sy meervoud deur die toevoeging van 'n "-e" gevorm word, kry daardie "-e" 'n deelteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
'n Spinnekop van die orde Solifugae staan algemeen bekend as 'n ........ .
oranje spinnekop jaagspinnekop Jagspinnekop Sonspinnekop
Dié harige spinnekop het 'n klomp name in Afrikaans: rooiroman, roman, romanspinnekop, spekvreter, vetvreter, jagspinnekop, jaagspinnekop, haarskeerder, haarskeerderspinnekop of haarsnyer. Algemene name van insekte begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die sogenaamde "Camel Man" is 'n vergestalting van die ........ geslagsrol.
androgeniese androgene androgenetiese androgiene
Die byvoeglike naamwoord "androgiene" beteken 'wat betrekking het op beide geslagte', terwyl die byvoeglike naamwoord "androgene" beteken 'wat betrekking het op die manlike geslag'. Die vorme "androgenies" en "androgeneties" word nie in Afrikaans gebruik nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)