11 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-11-2026 só ingevul:
Ons het besluit om ons kinders na 'n ........ te stuur.
privateskool privaatskool privaat skool of private skool privaatskool of privateskool
Byvoeglike name soos "privaat" word gewoonlik los van die daaropvolgende selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van betekenisverdigting en samestellende samestellings.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Growwe gedrag lei dikwels tot ........ .
vulgêrheid vulgêriteit vulgerheid vulgariteid
Wanneer 'n klank gerek moet word en die klank is in 'n geslote lettergreep ("gêr"), kry dit 'n kappie. "Vulgêrheid" en "vulgariteit" beteken dieselfde, naamlik 'dit wat platvloers is'.
Sien ook die bladsy Kappie.
Die burgerregteorganisasie is in 'n hofstryd met universiteite ........ oor moedertaalonderrig.
gewikkel ontwikkel toegewikkel
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “in 'n stryd gewikkel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Mense wat van Griekeland kom, noem jy ........ .
Griekelanders Grieke Griekses Griekers
Mense wat van Griekeland kom, noem jy "Grieke" met "Griekse" gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)