12 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-11-2026 só ingevul:
Kleur en styl het niemand nog ooit skade ........ nie.
opgedoen opgerig aangerig aangedoen
Die woord "aandoen" in die betekenis van 'beïnvloed' word gewoonlik op lewende dinge toegepas, byvoorbeeld: Moenie diere leed aandoen nie. Die woord "aanrig" word vir nielewende dinge gebruik, byvoorbeeld: Die betogers het skade aan die gebou aangerig.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die seun het so byna die klein ........ , wat besig was om oor die toegegroeide paadjie te kruip, met sy fiets platgetrap.
slegs skilpatjie slegs skilpadjie slegs skilpaadjie skilpadjie of skilpaadjie
Die verkleiningsvorm van "skilpad" is "skilpadjie" (met slegs een "a"), terwyl dié van "pad" "paadjie"(met twee "a"'s) is.
Dit is 'n ........ se plig om misdaad te bekamp.
Regering regering Regering of regering
Wanneer 'n ampsbenaming, of die naam van 'n instelling ("regering"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Oupa se motor is wel 'n ou krok, maar hy kan darem nog daarmee ry. Wat is die woordsoort van "krok" in bostaande sin?
werkwoord byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord bywoord
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld "krok - 'n krok - krokke".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)