13 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-11-2026 só ingevul:
Die inspekteur kom volgende week die skool besoek om te kyk of ons werk op ........ is.
standard staandaard staandard standaard
In geslote lettergrepe (soos in die woord “standaard”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Met daardie ........ stemmetjie sal sy nie die oudisie slaag nie.
naalddun papierdun kraakdun riemdun
Ons sê iemand het 'n "kraakdun stem". "Kraakdun" word ook gebruik as intensiewe vorm vir baie dun glas en porselein.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
So 'n ........ smaak darem maar lekker.
varkribbekie vark ribbetjie varkrippie varkribbetjie
ʼn Samestelling (“varkribbetjie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“vark” en “ribbetjie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ bemoei hom met die studie van die mens.
antropologie antroppologie antropologi antropollogie
Die woord "antropologie" is afkomstig van die Griekse woorde "anthropos"wat 'mens' beteken, en "logos" wat 'woord' of 'rede' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)