16 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-11-2026 só ingevul:
Wat noem ons iemand wat van Madagaskar kom?
Madagaskiaan Madagask Madagaskarter Malgas
'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
'n Versameling sterre is 'n ........ .
gesterre gesternte sterres melkweg
'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Die Melkweg is die naam van 'n spesifieke sterrestelsel.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.
renosterteenstropings opleidingseenheid renosterteenstropings opleidings eenheid renosterteenstropings-opleidings eenheid renosterteenstropingsopleidingseenheid
Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”. Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die hoof se parkeerplek is skaars tien treë van haar kantoor af. Wat is die woordsoort van "tien" in bostaande sin?
onbepaalde hooftelwoord bepaalde rangtelwoord onbepaalde rangtelwoord bepaalde hooftelwoord
Bepaalde hooftelwoorde kan in syfers uitgedruk word, byvoorbeeld "5", "24", "300"; onbepaalde hooftelwoorde kan nie in syfers uitgedruk word nie, byvoorbeeld "baie", "heelwat", "min", "weinig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)