18 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-11-2026 só ingevul:
Die digitale maatskappy het 'n nuwe ........ by sy reeks mobiele finansiële dienste gevoeg.
nannoleningproduk nannoleningsproduk nanoleningproduk nanoleningsproduk
By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “nanoleningsproduk”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die ........ van die Vrystaat het elk 'n verteenwoordiger na die kongres wat oor vuurwerke handel, gestuur.
DBV's DBVs
Meervoude of verkleiningsvorme van letters, syfers of woorde wat as letters uitgespreek word (byvoorbeeld akronieme), kry afkappingstekens. "DBV" staan vir 'Dierebeskermingsvereniging'.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Idioom: ........ pik nie mekaar se oë uit nie.
Hoenders Slange Duiwe Kraaie
Die idioom "kraaie pik nie mekaar se oë uit nie" beteken 'skelm mense doen mekaar gewoonlik geen kwaad aan nie'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
My suster was in 'n ........ skool, daarom praat sy nie eintlik meer Afrikaans nie.
engels Engelse Engels engelse
Byvoeglike naamwoorde wat van taalbenamings afgelei is, behou die hoofletter van die taalbenaming.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)