19 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-11-2026 só ingevul:
Ek moet my motor neem sodat hulle die duike kan ........ .
uit-klop uitklop uit klop
Die woorddele "uit" en "klop" vorm saam ’n samestelling van ’n bywoord en ’n werkwoord en word dus vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Dit is moeilik om haar probleem vas te stel, want dit lê ........ in die verre verlede.
êrens erens
Die kappie word gebruik om die klank van 'n vokaal te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.
Idioom: Iemand van Pontius na ........ stuur.
Herodes Totius Pilatus Claudius
Die idioom "van Pontius na Pilatus stuur" beteken 'doelloos rond en bont stuur. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die weermag het nie tyd vir ........ nie.
drosser drosteriane drosters drosteraars
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "kunstenaar", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)