Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 17-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 17 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-10-2019 só ingevul:



Die dame in die apteek wou nie vir Wanda sonder haar ........ help nie.


28 % (afgerond)mediese fondskaart
3 % (afgerond)mediese-fonds-kaart
68 % (afgerond)mediesefondskaart 
mediese fonds kaart

Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("mediese fonds") en 'n ander woord ("kaart") verbind. Juis omdat die woordgroep nou optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Maar ........ het dit gedoen, nie hy nie!


49 % (afgerond)ék 
39 % (afgerond)ek
2 % (afgerond)Ek
10 % (afgerond)èk

Die akuutteken dui beklemtoning aan.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.




Wat noem ons mense wat van buite Suid-Afrika se grense kom om hulle permanent hier te vestig?


12 % (afgerond)emigrante
19 % (afgerond)imigrante
64 % (afgerond)immigrante 
5 % (afgerond)emmigrante

'n Immigrant kom die land in; 'n emigrant gaan die land uit.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.




Ek sal graag op 'n boot deur ........ se strate wil ry.


27 % (afgerond)Venisië
3 % (afgerond)Fenisië
68 % (afgerond)Venesië 
3 % (afgerond)Fenesië

Venesië is 'n bekende stad in Italië; Fenisië (of Fenicië) was 'n provinsie in die Persiese Ryk.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties