Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 07-11-2019 (vlak 1)



vorige toets 07 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-11-2019 só ingevul:



Anita is ʼn ........ in die kombuis.


98 % (afgerond)voorslag 
1 % (afgerond)voor-slag
1 % (afgerond)voor slag

ʼn Samestelling (“voorslag”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (die voorsetsel “voor” en naamwoord “slag”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Ek neem graag ........ van die natuur.


33 % (afgerond)fotos
67 % (afgerond)foto's 

Die afkappingsteken word gebruik by meervoudsvorme wat op die vokaalletters "i", "o", "u" en 'n lang uitgespreekte "a" eindig.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




My oupa het altyd geglo 'n blou ........ wolke voorspel sagte, deurdringende reën.


38 % (afgerond)stapel
8 % (afgerond)bondel
54 % (afgerond)bank 
1 % (afgerond)blok

'n Klomp wolke bymekaar staan bekend as 'n bank wolke; 'n blok woonstelle is 'n versameling wooneenhede; ons stapel boeke opmekaar; en wasgoed, riete, ensovoorts word saamgebondel.
Sien ook die bladsy Versamelname.




Temba is ’n regte ........ ; hy stem altyd met alles saam.


41 % (afgerond)ja-broer
4 % (afgerond)Ja-broer
3 % (afgerond)Jabroer
53 % (afgerond)jabroer 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "jabroer", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties