Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 26-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 26 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-03-2020 só ingevul:



Wanneer iemand onvolwasse en irrasioneel optree, sê ons so iemand is ........ .


1 % (afgerond)kind-agtig
98 % (afgerond)kinderagtig 
1 % (afgerond)kindagtig
kinder-agtig

Die verbindingsklank ("-er-") is 'n vorm wat slegs in komplekse woorde optree tussen bepaalde stamme of tussen 'n stam en 'n affiks.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Die ........ skeur tussen die rotse is gevaarlik.


12 % (afgerond)êng
83 % (afgerond)eng 
5 % (afgerond)eing

Wanneer ʼn geslote lettergreep deur meer as een medeklinker ("ng") afgesluit word, kry die "e" nie ʼn kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.




Sal julle my asseblief help soek na my ........ sleutels?


3 % (afgerond)bundel
95 % (afgerond)bos 
2 % (afgerond)tros

'n Klomp sleutels aan een sleutelhouer is 'n bos sleutels; druiwe of piesangs kry ons aan 'n tros en 'n versameling gedigte of verhale noem ons 'n bundel.
Sien ook die bladsy Versamelname.




Die meerderheid inwoners van ........ praat Afrikaans.


2 % (afgerond)Water Kloof
2 % (afgerond)Water-kloof
1 % (afgerond)waterkloof
95 % (afgerond)Waterkloof 

Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties