Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 29-07-2021 (vlak 1)



vorige toets 29 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-07-2021 só ingevul:



Ons moet hierdie taak ........ saam afhandel.


13 % (afgerond)tweetwee
17 % (afgerond)twee twee
70 % (afgerond)twee-twee 

Herhalingsamestellings (reduplikasies) word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




My ........ dank vir jou hulp.



7 % (afgerond)oprêgte
1 % (afgerond)oprëgte
91 % (afgerond)opregte 
1 % (afgerond)oprégte

Die eerste "e" in die woord "opregte" word nie gerek nie en kry dus nie 'n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.




Mamma was só bekommerd oor Belinda, sy kon laasnag nie 'n ........ toemaak nie.


1 % (afgerond)hand
97 % (afgerond)oog 
1 % (afgerond)deur
pot

Die idioom "nie 'n oog toemaak nie", beteken 'om nie te kan slaap nie'.
Ons Engelse vriende sê: "Not get 'n wink of sleep."
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




........ plaas is menige stedeling se begeerte.


'N Afgeleë
'n afgeleë
3 % (afgerond)'N afgeleë
97 % (afgerond)'n Afgeleë 

Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord ('n) begin - dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties