Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 01-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 01 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-05-2024 só ingevul:



Die deur maak ........ oop.



5 % (afgerond)buiten toe
19 % (afgerond)buitetoe
65 % (afgerond)buitentoe 
12 % (afgerond)buite toe

Verbindings van ’n bywoord plus "toe" word altyd vas geskryf, byvoorbeeld "buitentoe", "soontoe", "binnetoe" (AWS 14.55).
Sien ook die bladsy Samestellings.




Heindrich hou nie van swem nie ........ tog vat hy 'n swembroek saam.



53 % (afgerond)komma
43 % (afgerond)kommapunt 
punt
4 % (afgerond)geen leesteken nie

'n Kommapunt kom gewoonlik in die middel van 'n sin voor. Daar is 'n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt, selfs al lyk die twee na twee volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan.
Sien ook die bladsy Kommapunt.




........ , hierdie koffie smaak nes skottelgoedwater!
Watter tussenwerpsel sal 'walging' uitdruk in bostaande sin?


15 % (afgerond)Ag nee!
8 % (afgerond)Gmf!
1 % (afgerond)Eina!
75 % (afgerond)Sies 

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Ag nee!" druk ontevredenheid uit; "Gmf!" druk minagting of verontwaardiging uit en "Eina!" druk 'n uitroep van pyn uit.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.




Die beginsels wat ons ouers vir ons geleer het, is alles ........ .


31 % (afgerond)slegs Bybels
53 % (afgerond)Bybels of bybels 
16 % (afgerond)slegs bybels

Afgeleide byvoeglike naamwoorde van eiename kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties