Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 12 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-08-2025 só ingevul:



Die Proteas het met 'n agterstand van 34 die ........ van Cook met die vierde bal van die tweede beurt verloor.
98 % (afgerond)paaltjie 
1 % (afgerond)paaldjie
paltjie
1 % (afgerond)paalkie

Naamwoorde wat op “l”, “n” of “r” eindig, voorafgegaan deur ’n tweeklank, [ә]-klank of lang vokaal, kry “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.6).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die ........ wat Pamela van immigrante gehad het, het veroorsaak dat sy hulle tot elke prys probeer vermy het.
5 % (afgerond)stereotipie
13 % (afgerond)stereotiepe
82 % (afgerond)stereotipe 

Die homofone "stereotipe" en "stereotiepe" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "stereotipe" (selfstandige naamwoord) beteken 'n 'oordrewe beeld van 'n groep mense wat nie noodwendig met die werklikheid strook nie'. Daarteenoor beteken 'stereotiep(e)' (byvoeglike naamwoord) 'onveranderlik' of 'altyd dieselfde'.
Sien ook die bladsy Homofone.



Die bevelvoerder van basiese opleiding is ........ Pretorius.
4 % (afgerond)luitenantkolonel
36 % (afgerond)luitenant-kolonel 
39 % (afgerond)Luitenant-Kolonel
22 % (afgerond)Luitenant-kolonel

'n Koppelteken word altyd in saamgestelde range gebruik, en die rangnaam word in die middel van 'n sin met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Haai, julle ........ moet ophou raas!
1 % (afgerond)pikies
6 % (afgerond)pukkies
93 % (afgerond)pikkies 

Die woord "pikkie" is 'n informele woord vir 'n persoon klein van postuur of 'n kind. 'n "Pukkie" is die verkleiningsvorm van iemand wat aan die Noordwes-Universiteit studeer. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties