Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 20-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 20 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-05-2020 só ingevul:



Aan die suidkus van Suid-Afrika vloei onder meer die ........ in die Indiese Oseaan.


46 % (afgerond)Breë-, Gouritz-, Gamtoos- en Sondagsriviere
39 % (afgerond)Breë-, Gouritz-, Gamtoos- en Sondagsrivier 
1 % (afgerond)Breë-, Gouritz-, Gamtoos- en Sondagsriviers
14 % (afgerond)Breë, Gouritz, Gamtoos en Sondagsriviere

Wanneer twee samestellings naas mekaar gestel word en hulle bevat identiese dele, kan een van die identiese dele vervang word met 'n koppelteken. In só 'n geval funksioneer die koppelteken as weglaatteken.
"Breërivier" en "Breederivier" word erken as name van dié rivier.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die ........ waarop my ma is, laat haar vinnig gewig verloor.


45 % (afgerond)dieet 
27 % (afgerond)diëet
28 % (afgerond)dieët

Die deelteken word nie gebruik by woorde wat op "-ieet" eindig nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Sanet is só opgewonde, sy babbel ........ .


3 % (afgerond)sand en land
35 % (afgerond)land-en-sand
3 % (afgerond)sand-en-land
59 % (afgerond)land en sand 

Om "land en sand" te praat, beteken om aanmekaar, sonder ophou te praat.
Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Wat noem ons ʼn inwoner van België?


Gebelgde
1 % (afgerond)Belgiaan
72 % (afgerond)Belg 
27 % (afgerond)Belgiër

Iemand wat van België kom, word ʼn "Belg" genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




TOTAALRESULTAAT:
54% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties