Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 12-08-2020 (vlak 2)



vorige toets 12 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-08-2020 só ingevul:



Wag net, ek sal jou ........ kom help.


80 % (afgerond)nou-nou 
7 % (afgerond)nounou
13 % (afgerond)nou nou

Reduplikasies word met koppeltekens vas geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




“Ek stel voor,” sê hy, “dat jy die onderwerp ........ in jou uitleg insluit.”



62 % (afgerond)'Afrikaanse fiksie' 
5 % (afgerond)(Afrikaanse fiksie)
14 % (afgerond)Afrikaanse fiksie
20 % (afgerond)"Afrikaanse fiksie"

In Afrikaans gebruik ons enkelaanhalingstekens wanneer daar 'n aanhaling binne 'n ander aanhaling is.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.




Hoor hoe ........ die blouape bo in die bome.



3 % (afgerond)kekkel
31 % (afgerond)klets
52 % (afgerond)babbel 
14 % (afgerond)gaggel

Ape babbel, henne kekkel en ganse gaggel (of blaas). As dit gaan oor mense wat gesels, kan jy ook sê hulle babbel of klets. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Sy beklee die pos van ........ .


22 % (afgerond)slegs Senior Bestuurder
13 % (afgerond)slegs senior bestuurder
65 % (afgerond)Senior Bestuurder of senior bestuurder 

'n Ampsbenaming ("senior bestuurder") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties