Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 17-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 17 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-05-2024 só ingevul:



Die polisie het die ........ vasgetrek nadat miljoene rand se dwelms op die lughawe gevind is.


3 % (afgerond)smokelaar
1 % (afgerond)smokkelar
93 % (afgerond)smokkelaar 
3 % (afgerond)smokkellaar

’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Soos koeie bulk, so ........ donkies.


2 % (afgerond)loei
1 % (afgerond)brul
93 % (afgerond)balk 
5 % (afgerond)runnik

Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Niemand kan geweld in sport ........ nie.



2 % (afgerond)goed-praat
80 % (afgerond)goedpraat 
18 % (afgerond)goed praat

Die werkwoord "goedpraat" is 'n samestelling van die byvoeglike naamwoord "goed" en die werkwoord "praat". Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Steve het sy dybeen in die ongeluk gebreek.
'n Sinoniem vir die woord "dybeen" is ........ .


1 % (afgerond)viemur
15 % (afgerond)bobeen
81 % (afgerond)femur 
3 % (afgerond)liesbeen

Sinonieme is verskillende woorde ("dybeen" en "femur") wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties