17 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-05-2024 só ingevul:
Die polisie het die ........ vasgetrek nadat miljoene rand se dwelms op die lughawe gevind is.
smokelaar
smokkelar smokkelaar
smokkellaar
’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Soos koeie bulk, so ........ donkies.
loei
brul balk
runnik
Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Niemand kan geweld in sport ........ nie.
goed-praat goedpraat
goed praat
Die werkwoord "goedpraat" is 'n samestelling van die byvoeglike naamwoord "goed" en die werkwoord "praat". Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Steve het sy dybeen in die ongeluk gebreek. 'n Sinoniem vir die woord "dybeen" is ........ .
viemur
bobeen femur
liesbeen
Sinonieme is verskillende woorde ("dybeen" en "femur") wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)