19 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-11-2019 só ingevul:
'n Betaling van R1500,00 is van die huurder ontvang, ........ 'n eerste terugbetaling op die skade wat in die badkamer aangerig is.
suinde seinde synde siende
Die woord "synde" is die ietwat argaïese teenwoordige deelwoord van die Afrikaanse infinitief, "wees", en die Afrikaanse ekwivalent van die Engelse "being". Gebruikers verwar "synde" dikwels met "siende".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ná die ........ ontploffing het die vliegtuig vinnig neergestort.
brisant brusant brusante brisante
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die woord "brisant" is taamlik onbekend maar beteken 'vinnig ontploffend'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die taak van die ........ van 'n parlement is om orde te handhaaf.
speaker speaker of Speaker Speaker
Wanneer 'n ampsbenaming ("speaker"), of die naam van 'n instelling ("parlement"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Die ........ is dikwels ʼn moeilike tyd in ʼn jong mens se lewe.
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “adolessensie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)