As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die sogenaamde Sonkoning, wat in Frans 'Louis XIV' heet en tussen 1638 en 1715 vir 72 jaar oor Frankryk regeer het, staan in Afrikaans bekend as ........ .
Louis XIV Lodewyk XIV
Ludwig XIV
Ludovic XIV
Die Afrikaanse benaming vir Louis XIV is Lodewyk XIV. Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Lodewyk_XIV_van_Frankryk
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Idioom: Ai, hy kon met hierdie geskenk net sowel ........ na Noorweë gestuur het!
pilare balke
skoene
gordels
Die idioom "om balke na Noorweë te stuur" beteken 'om vir iemand iets te stuur waarvan hy baie het'. In Engels is dit "send coals to Newcastle". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)