Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 31 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-07-2025 só ingevul:



Die ........ Kerk in Kaapstad is die oudste NG Kerk in die land.
26 % (afgerond)Grootte
5 % (afgerond)Groot
39 % (afgerond)Groote 
30 % (afgerond)Grote

Om historiese redes word die naam van die geskiedkundige kerk "Groote Kerk" gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.



Kinders wat net begin loop, is ........ as die wat al 'n jaar of twee loop.
8 % (afgerond)meer lomp
91 % (afgerond)lomper 
die lompste
1 % (afgerond)meer lomper

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “lomp”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “lomper” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die lompste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die stad ........ is die hoofstad en politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van België.
49 % (afgerond)Brussel 
45 % (afgerond)Brussels
6 % (afgerond)Brüssel
Bruxelles

Brussel is die hoofstad van België. In Engels word dit "Brussels" geskryf. Die name van stede begin altyd met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



'n Hele rits ongelukke het ons getref.
Wat is die woordsoort van "rits" in bostaande sin?
11 % (afgerond)bywoord
53 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
34 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
2 % (afgerond)voegwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “rits - die rits – ritse”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties